Hillandale Opedag – 8 Mei 2021

Hillandale rolbalklub het die naweek sy jaarlikse Opedag gehou. Dit was ‘n fees, massiewe sukses en rolbalvriendskapsbande is opnuut gesmee.

Baie dankie aan al ons borge en donateurs vir hul lojale ondersteuning, asook vir al die lede wat borge gewerf het en persoonlike bydraes gemaak het.

​Veertien spanne het deelgeneem en die uiteindelike wenners was die span van Johann Beer, Herman Kleynhans, Vusi Mphale en Hertzog Meiring van Munisipaliteit klub.     

​Outeur: Michael Coomans

Scroll to Top