VROUEDAG – 9 AUGUSTUS 2019

Hillandale “Black and White” rolbaldag

Op Vrydag 9 Augustus 2019 het die dames rolbalspelers van Bloemfontein ‘n genotvolle dag beleef. Die Hillandale dames het reggestaan met n ligte ontbyt, soet en sout verversings met teetyd, middagete en roomys horinkies tydens die prysuitdeling.
n Bonus was die dames van Hillandale Lifestyle Village wat 2 pragtige lyndanse uitgevoer  het met toepaslike musiek wat sommer almal se voete laat jeuk het. 
Driespel, Enkels en Viere is gespeel deur 12 spanne vanoor Bloemfontein.
Die wenspan was Lara York, Norma Seyfferdt, Annatjie Badenhorst en Elma Pretorius.

Die span wat tweede gekom het was Corrie Lombaard, Annette Grobler, Minnie Moller en Ansie Wilken.

Die span wat derde gekom was Anne Hilder, Rita Krog, Elize Coertzen en Hilarie Rall.

Outeur: Maureen Annandale

Scroll to Top