Afrigtingskliniek – 3 en 4 Februarie 2023

‘n Langverwagte behoefte vir ‘n eie afrigtingkliniek is die afgelope naweek van 3 & 4 Februarie 2023 verwesenlik toe Johann van der Wath, ‘n vlak drie afrigter en lid van BSA se staande komitee, op versoek van die Uitvoerende bestuur, na Bloemfontein gereis het om dit by Hillandale Rolbalklub aan te bied. Vyftig lede van die klub en vyf lede van Dewetsdorp het dit bygewoon. Die kliniek met die tema, “Verbeter jou Rolbalkapasiteit het bestaan uit teoretiese en praktiese sessies.

Onderwerpe wat aangespreek is, was ander andere:

• Die volledige speler
• Alles oor Enkelspel
• Die ideale roetine voor aflewering en die belangrikheid daarvan.
• Doelbewuste oefeningmetodes
• Afleweringslyne
• Hoe om ‘n kop te lees
• Die fisiologiese en sielkundige aspekte van die spel
• Gelukkige lewensfilosofie

Die lede is opnuut gemotiveerd om hulle spelpeil te verbeter en vir beide “Tabs-in” en gevorderde spelers was daar meer as genoeg stof tot nadenke.
Beide aande is afgesluit met ‘n heerlike braaigeleentheid waar daar “kopstukke” rondom die vuur oor rolbalsake, en nie rugbysake nie, gepraat is.

Outeur – Michael Coomans

Johann van der Wath saam met van die bestuurslede op 4 Februarie 2023. Van links na regs: Pieter van der Merwe, Jannie du Plessis, Michael Coomans, Johann van der Wath en Leon Crawley
Leon Crawley help met ‘n praktiese sessie
Kursusgangers bespiegel oor wat die beste skoot sou wees om die speel, gegewe die “ligging” van die balle, die puntestand en moet hulle selfs in gedagte hou wat die “volgende skuif” van die volgende span gaan wees…. Om ‘n kop te lees, blyk nogal ‘n moeilike taak te wees en… daar is definitief nie net een voor die handliggende antwoord/oplossing nie!!
Nadat Francois insette van sy mede-kursusgangers gekry het, kyk hulle na die praktiese uitvoerbaarheid van een van die opsies…
Van die bestuurslede saam met Johann van der Wath op 3 Februarie 2023. Van links na regs: Hennie Pretorius. Hilarie Rall, Johann van der Wath, Bennie Oosthuysen, Michael Coomans, Drien van Niekerk en Leon Crawley.
Van links na regs staande: Anton Meiring, Louis van Rensburg, Francois van Vuuren, Gideon van Zyl, Hennie Pretorius, Christeen Visagie, Sakkie Visagie, Hilarie Rall, Francois Jacobs, Retha Terblanche, Marietjie Dippenaar, Willie van Aswegen, Jan le Roux Pieterse, Gerhard Bezuidenhout, Jaqui Fourie, Japie Kruger en Bennie Oosthuysen.
 
Van links na regs sittende: Petro Botha, Drien van Niekerk, Rita Krog, Maureen Annandale, Marda Oosthuysen, Carol Grobbelaar, Martie Olivier, Elma Pretorius, Zaza Pieterse, Leon Crawley en Johann van der Wath.
Die gekleurde kegels dui die spesifieke lyn aan wat gerol moet word om ‘n bepaalde eindresultaat te bewerkstellig.
Dinge is definitief nie so eenvoudig soos wat dit met die eerste oog-op-slag lyk nie.  Besluite, besluite…  Johann, die aanbieder, gee ook sy mening waarom hy van mening is dat ‘n sekere skoot gaan werk/nie gaan werk nie. 
Van links na regs: Johann van der Wath, Willie van Aswegen, Wilma Truter, Martie Olivier en Leon Crawley.
Van links na regs: Hennie Pretorius, Marda Oosthuysen, Carol Grobbelaar en Bennie Oosthuysen.
Van links na regs; Anton Meiring, Sakkie Visagie, Christeen Visagie, Francois van Vuuren, Marietjie Dippenaar, Zaza Pieterse, Gideon van Zyl, Rita Krog en Louis van Rensburg.  Dié kursusgangers besef nou, weereens, dat ‘n kristalbal en Salomo se wysheid soms baie handig kan wees in ‘n rolbalwedstryd.
‘n Kop word bestudeer
Die kursusgangers neem ywerig notas
Die teorie en praktyk moet hande vat wanneer jy ‘n “volkome” rolbalspeler wil wees.
Van links na regs: D J Moolman, Cliff Carrol, Owen Carroll, Ida Brits, Johann van der Wath, Nellie Riddle, Frik Kruger, Nick, Jannie du Plessis, Joey du Plessis, Pieter van der Merwe, Sarie Reynolds, Ansie Bennie, Emmie Bezuidenhout, Morne Scheepers, Elize Cogle, Esme Human, Peter Song, Anita du Toit, Elri van Jaarsveld, Beatrice Hugo, Reinier Zwiegers, Estelle Zwiegers, Jan Ackerman, Erika Steyn, Michael Coomans, Dippie Dippenaar, Marietjie Dippenaar, Allan Bennie en Leon Crawley.
‘n Praktiese sessie
Van links na regs: Erika Steyn, Anita du Toit, Beatrice Hugo, Johann van der Wath en Elize Cogle
Van links na regs; Owen Carroll, Johann van der Wath, Frik Kruger, DJ Moolman, Cliff Carroll en Ida Brits
Van links na regs: Sarie Reynolds, Nellie Riddle, Emmie Bezuidenhout en Esmé Human
Agter van links na regs: Johann van der Wath, Marisa Crawley, Ansie Bennie, Beatrice Hugo, Erika Steyn, Sarie Reynolds en Anita du Toit.
 
Derde ry van links na regs: Ansie Coomans, Marietjie Dippenaar, Carina van der Wath, Esmé Human, Nellie Riddle, Emmie Bezuidenhout, Elize Cogle, Estelle Zwiegers en Reinier Zwiegers.
 
Tweede ry van links na regs: Morne Scheepers, Elri van Jaarsveld, Allan Bennie, Jannie du Plessis, Pierre Hugo en Dippie Dippenaar.
 
Eerste ry: Leon Crawley en Michael Coomans
Scroll to Top