Hillandale Ewie Cronje Opedag – 13 Mei 2023

Wenners van die dag: van links na regs: Dean Ririe, Wayne York en Arno Greyling. Handre Marais was afwesig toe die foto geneem is.

Hillandale se jaarlikse Ewie Cronje Opedag het op Saterdag 13 Mei 2023 plaasgevind. Hierdie jaar was die eerste keer wat die opdedag slegs vir buitespanne aangebied is. Veertien spanne het teen mekaar meegeding en die uiteindelike wenners van die dag was die span van Wayne York, Dean Ririe, Handrè Marais en Arno Greyling. In die tweede plek was die span van Johann Beer, Herman Kleynhans, Herman Bakkes en Johan Botha en in die derde plek was die span van Johan van Straaten, Trevor Geel, Mardian Bezuidenhout en Christiaan Botha.  Al drie hierdie spanne was van die Munisipaliteit Klub.

Ten spyte van die reënerigheid en koue was die dag weer, soos in die verlede, ‘n reuse sukses. Die bestuur bedank al die lede wat behulpsaam was om van die dag ‘n groot sukses te maak, asook al ons borge en donateurs vir hul lojale ondersteuning, en ook veral al die lede wat borge gewerf het en/of persoonlike bydraes gemaak het. Sonder jul bydraes en hulp sou ons nie die dag suksesvol kon aanbied nie. 

Foto’s van die dag is beskikbaar onder die skakel Geleenthede 2023.

Scroll to Top