Maak seker dat die baan gereed is vir spel op Dinsdae (16:00 in die somer en 14:00 in die winter), Donderdae (17:30 in die somer en 14:00 in die winter) en Saterdae (08:00 in die somer en 09:00 in die winter), asook spesiaal geskeduleerde dae.
- Plaas twee matjies per baan uit. (In die somer gebruik ons die mat-matjies en in die winter die rubbermatjies).
- Plaas twee PVC besems uit per baan. Dit word gebruik om die rolballe bymekaar te maak na ‘n kop.
- Plaas ‘n telbord uit per baan.
- Plaas ‘n pen en ‘n witbal uit per baan (Penne en witballe word in die kroeg gebêre).
- Plaas twee waterhouers, met ‘n blok ys in elkeen, op die groen staaltafeltjies langs die baan, asook twee waterskottels met bietje water en twee glase daarin.
- Bring twee brode (1 wit & 1 bruin) se toebroodjies op Saterdae. Jy kan dit self maak of by Elize Zwiegelaar (0834142938) bestel teen R120 per brood
- Maak seker alles is gebêre na spel.
Maak seker dat die drinkgoed gereed is vir Dinsdae en Donderdae teen 14:00 in die winter. Ons drink nie tee op Dinsdae en Donderdae in die somer nie. Op Saterdae moet die drinkgoed en broodjies gereed wees teen 9:00 in die somer en 10:00 in die winter, asook op spesiaal geskeduleerde dae.
- Maak seker die koppies, bekers en glase is uitgesit.
- Skakel die “urn” ten minste 60 min voor die teetyd aan.
- Vir teetyd sit koffie, rooibostee, gewone tee, kookwater, melk en suiker uit. Maak ook die Oros koeldrank aan. Die kaste se sleutels is in die kluis. Indien jy nie die kluis se nommer ken nie, kontak Mariëtte by 073 480 0007.
- Bring twee brode (1 wit en 1 bruin) se toebroodjies op Saterdae. Jy kan dit self maak of by Elize Swiegelaar (0834142938) bestel teen R120 per brood.
- Na spel word die vuil borde in die skottelgoedwasser geplaas en die res netjies op die trollie gepak.
- Bêre die koffie, tee en suiker in die kaste. Sluit die kaste en plaas die kaste se sleutels in die kluis.
- Maak seker dat die kombuis netjies is en skakel die “urn” en ligte af.
Ensure that the green is ready for play on Tuesdays (16:00 in summer and 14:00 in winter), Thursdays (17:30 in summer and 14:00 in winter) and Saturdays (08:00 in summer and 09:00 in winter), as well as on special scheduled days.
- Place two mats per rink. (In summer, we use the carpet mats and in winter the rubber mats).
- Place two PVC brooms per rink. It is used to collect the bowls after an end. with which the balls are pushed.
- Place a scoreboard at each rink.
- Place a pen and a jack at each rink. The pens and jacks are kept in the bar.
- Place two water containers, with a block of ice in each, on the small green steel tables next to the green, as well as two water bowls with a little water and two glasses.
- Bring two loaves (1 white and 1 brown) of sandwiches on Saturdays. You can make these yourself or order them from Elize Swiegelaar (0834142938) for R120 per loaf.
- Make sure everything is put away after play.
Make sure that the drinks are ready for Tuesdays and Thursdays by 14:00 in winter. We do not drink tea on Tuesdays and Thursdays in summer. On Saturdays, the drinks and sandwiches must be ready by 09:00 in summer and 10:00 in winter, as well as on special scheduled days.
- Make sure the cups, mugs and glasses are put out.
- Switch on the urn at least 60 minutes before tea time.
- For tea time, put out coffee, rooibos tea, regular tea, boiling water, milk and sugar. Mix the Oros cold drink. The cupboard keys are in the safe. If you do not know the code of the safe, contact Mariëtte at 073 480 0007.
- Bring two loaves (1 white and 1 brown) of sandwiches on Saturdays. You can make these yourself or order them from Elize Swiegelaar (0834142938) at R120 per loaf.
- After play, place the dirty dishes in the dishwasher and pack the rest neatly on the trolley.
- Return the coffee, tea, and sugar to the cupboards. Lock the cupboards and place the cupboard keys in the safe.
- Make sure the kitchen is tidy and switch off the urn and the lights.
