LIDMAATSKAP

Hoe word ek 'n lid van Hillandale rolbalklub?

Balle

Kontak Michael Coomans (071 143 3422) om balle te leen totdat julle seker is van die korrekte grootte en of julle wil speel. Die klub het ontwikkelingsballe beskikbaar.  Moenie oorhaastig koop nie!

Afrigting

Gratis. Reël met Michael wie jou in verbinding met die klub afrigters sal bring.

Oefen

Gewoonlik op die volgende MIDDAE: Dinsdae en Vrydae (dit kan verander).

Sosiale spel

Voordat jy sosiaal mag speel moet:

  • Die afrigters jou gereed verklaar
  • Klublidmaatskap aanvaar word deur die bestuur
  • Aansoekvorm sal aan spelers wat gereed verklaar is gegee word.
  • Jy kennis dra van die spel self, die spelreëls,etiket en gedragskodes, regte rolbalklere en -skoene.

JY SAL BAIE WELKOM WEES EN ONS SIEN UIT NA JOU AS KLUBLID.​   GENIET HIERDIE WONDERLIKE SPEL!

  • Gewone lede se lidmaatskapgelde beloop R1650 per jaar.
  • Indien jy in Hillandale Lifestyle Village bly beloop lidmaatskapgelde R1550 per jaar.
  • Gewone lede ouer as 90 jaar se lidmaatskapgelde beloop R1250 per jaar.
  • Indien jy ouer as 90 jaar is en in Hillandale Lifestyle Village bly beloop lidmaatskapgelde R1150 per jaar.
  • Sosiale lede (wat nie rolbal gaan speel nie) se lidmaatskapgelde beloop R600 per jaar.
  • Indien jy 'n deellid is met hooflidmaatskap by 'n ander klub beloop lidmaatskapgelde R825 per jaar.
  • Indien jy 'n erelid is betaal jy geen ledegeld nie, maar slegs affiliasie van R500.
  • Indien jy gedurende die jaar aansluit sal ledegelde op 'n pro rata basis gevorder word.

Skoliere en studente se lidmaatskapgelde beloop R1250 per jaar.

Skyfiegelde vir sosiale spel:

  • Lede R20
  • Besoekers R40
  • Skoliere gratis
Bankbesonderhede :  Hillandale Rolbalklub, Nedbank, Takkode 198765 ;  Rekening no 1002325048 
Scroll to Top