Hillandale Ewie Cronje Opedag – 11 Mei 2024

Hillandale se jaarlikse Ewie Cronje Opedag het op Saterdag 11 Mei 2023 plaasgevind.

Veertien buitespanne het teen mekaar meegeding en die uiteindelike wenners van die dag was die span van Trevor Geel, Hennie Knoetze, Herman Bakkes en Brendan Bakkes van Munisipaliteit klub. Die naaswenners was Charles Hamaty, Andy Peterson, Elma Viljoen en Johan Botha. Die mans is van Munisipaliteit klub en Elma van Hilton klub. In die derde plek was die span van Hilton: Lorraine Bergh, Christo Roets, Gerrie Viljoen en Henry Bierman.

Die bestuur bedank al die lede wat behulpsaam was om van die dag ‘n groot sukses te maak, asook al ons borge en donateurs vir hul lojale ondersteuning en ook veral al die lede wat borge gewerf het en/of persoonlike bydraes gemaak het. Sonder jul bydraes en hulp sou ons nie die dag susksesvol kon aanbied nie.

Wenners van die dag – van links na regs: Trevor Geel, Hennie Knoetze, Herman Bakkes en Brendan Bakkes

Naaswenners van die dag – van links na regs: Charles Hamaty, Andy Peterson, Elma Viljoen en Johan Botha

Behaal derde plek – van links na regs: Lorraine Bergh, Christo Roets, Gerrie Viljoen en Henry Bierman het die derde plek behaal

Scroll to Top