Hillandale se jaarlikse Kersrolbaldag op Maandag 16 Desember 2019 was weereens ‘n groot sukses. Almal het lekker gerol, lekker gelag, genoeg geëet en saam ‘n wonderlike dag geniet.
Ons as Hillandale Rolbalklub wil net vir almal hartlik bedank wat van hierdie dag ‘n groot sukses gemaak het en ons sien uit om almal weer te verwelkom by die volgende toernooi.
Mag almal ‘n wonderlike en voorspoedige feestyd hê.
Outeur: Philip Schoon


























