2 Oktober 2021
Die jaarlikse klubenkels finaal is op 2 Oktober 2021 beslis.
Dieselfde twee dames finaliste van 2020 het weer in die finaal teen mekaar te staan gekom. Die twee dames, Elma Pretorius en Kleintjie Knoetze, was gewikkel in ‘n maratonstryd van 3 ure! Kleintjie het uiteindelik met 21-19 geseëvier.
Die mans finaal het twee nuwe mededingers opgelewer – Philip Schoon en Herman Bakkes het mekaar die stryd aangesê. Beide hierdie SVS-spelers het spel van uitstaande gehalte gelewer. Herman Bakkes het uiteindelik as die wenner uit die stryd getree. Die telling was 21-16.
Nadat hierdie twee naelbytwedstryde afgehandel is, was dit tyd vir die hoogtepunt van die enkelkampioenskap – die kampioen van kampioene! Die dameswenner het teen die manswenner te staan gekom om DIE GROOTKAMPIOEN te bepaal. Dit was ‘n naelbytstryd. Met die aanbreek van die 23e kop, het beide spelers 18 punte gehad. Daarna het Kleintjie 1 punt aangeteken en was die telling 19-18 in haar guns. Herman het egter toe drie wenners gespeel – die balle was amper bo-op die kat en het hy daar die wedstryd in sy guns beklink. Die eindtelling was 21-19 in Herman se guns en het hy met die louere weggeloop. Kleintjie kan haarself egter op die skouer klop, want sy het skitterend gespeel.
Die trofees is aan die wenners oorhandig. Die dames het elkeen blomme gekry en die mans wyn – dit was welverdiend, in ag genome die uitstekende spel waarop hulle ons trakteer het.
Outeur: Maureen Annandale

Tiaan Snyman, skeidsregter vir die dag, druk in gesprek met Ansie Wilken

Lede en gaste hou verrigtinge dop

Van links na regs op foto: Marlete Paulsen, Minnie Möller, Anne-Marie van der Berg, Sarie Reynolds en Reinier Zwiegers

Michael Coomans, Zaza Pieterse, Marietjie Dippenaar en Hennie Pretorius

Lede en gaste skep op

Anne Hilder

Haniki Theron en Anne Hilder

Herman Bakkes

Herman Bakkes en Kleintjie Knoetze

Herman Bakkes saam met vise-voorsitter Anne Hilder

Philip Schoon saam met vise-voorsitter Anne Hilder

Kleintjie Knoetze links op foto – wenner
Elma Pretorius – naaswenner regs op foto

Van links na regs op foto: Gerhard Bezuidenhout, Tiaan Snyman, Chris du Plessis en Rita Krog damesmerker.

Van links na regs op foto: Gerhard Bezuidenhout, Herman Bakkes (finalis) en Brandan Bakkes (merker)

Elma Pretorius

Kleintjie Knoetze

Herman Bakkes

Philip Schoon