Die wenners van Suid Vrystaat se veterane kompetisie het teen die veterane wenners van Noord Vrystaat se Goudveld streek te staan gekom. In die driespel vir mans het Leon Crawley (reserwe in plek van Japie Kruger), Francois van Vuuren en Gerrit van Zyl (van links na regs op foto) met die louere weggestap.



