Driehoekige mannedag tussen Hillandale rolbalklub, Oud Studente rolbalklub en Bloemfontein rolbalklub – 21 Maart 2024

Die inisiatief, van een van ons lede Ben Werner, om ‘n mannedag te hou is deur die bestuur ter harte geneem en daar is besluit om ‘n driehoekige byeenkoms tussen bogemelde drie klubs te hou.

Alhoewel Hillandale die dag gewen het, was die oorhoofse doel om vriendskapsbande te versterk en lekker sosiaal met die ander klus se spelers te verkeer. Die feit dat die manne die uitgepraat kon raak oor die goeie speeltoestande, aangename samesyn en bederf met broodjies en ‘n tradisionel hamburger nie, spreek boekdele. Daar word reeds gepraat van volgende jaar se “revenge” en dat dit ‘n jaarlikse instelling moet word.

Scroll to Top