HILLANDALE EWIE CRONJE OPEDAG – 10 MEI 2025

Hillandale se jaarlikse Ewie Cronje Opedag het op Saterdag 10 Mei 2025 plaasgevind.

Veertien buitespanne het teen mekaar meegeding en die uiteindelike wenners van die dag was die span van Christo Roets, Gerrie Viljoen, Marietjie du Toit en Elma Viljoen van Hilton klub. Die naaswenners was Anton Schoeman, Henk Rall, Hanellie Lubbe en Fred Cason van Munisipaliteit klub. In die derde plek was nog ‘n span van Munisipaliteit klub: Rona du Toit, Ane van Heerden, Sonja Grobler en Lientjie Oosthuizen.

Hiermee bedank Hillandale rolbalklub ook graag al die borge en donateurs wat ons so ruimhartig ondersteun het om van ons Opedag ‘n sukses te maak.

Eerste plek – span met pienk hemde

Tweede plek – span met blou hempies en twee met wit tops

Derde plek – damesspan 

Die bestuur bedank al die lede wat behulpsaam was om van die dag ‘n groot sukses te maak, asook al ons borge en donateurs vir hul lojale ondersteuning en ook veral al die lede wat borge gewerf het en/of persoonlike bydraes gemaak het. Sonder jul bydraes en hulp sou ons nie die dag susksesvol kon aanbied nie.

Scroll to Top