Kersrolbaldag – 16 Desember 2020

Hillandale se jaarlikse Kersrolbaldag het op Woensdag die 16de Desember 2020 plaasgevind. Moonyeen Botha het die dag vir ons begin met skriflesing en gebed. Daarna is daar lekker gespeel, gekuier en geskenke uitgedeel.

Veertien spanne het deelgeneem en die uiteindelike wenners was die span van Tiaan Snyman. In die gesamentlike tweede plek was die spanne van Sarel du Toit  en Hennie Stander.

Op dieselfde dag het die klub ook vir Chris Hauptfleish wat weens gesondheidsredes ophou rolbal speel gegroet. Ons wens vir Chris alles van die beste toe vir die toekoms.

Outeur: Jannie du Plessis

Scroll to Top