Op Woensdag, 11 November is daar met die eerste somerseisoen voorbereiding van die baan begin.
Die eerste fase/proses staan bekend as “scarify”. ‘n Spesiaal vervaardigde masjien word gebruik om die baanoppervlakte op te breek en los te maak sodat oortollige gras verwyder word. Hierdie los snysels is deur die lede opgehark, in sakkke gegooi en weggery.
Daarna moes die baan gesny word om die los gras wat ons nie kon ophark nie te verwyder. Nog was dit het einde niet. Nou moes ons kunsmis strooi terwyl die “spike roller” ingespan is om die nodige gaatjies te maak. Soos wafferse osse het die manne twee-twee die roller van kant tot kant gesleep. Einde ten laaste was ons baanmeester tevrede en kon hy die sprinkelbesproeiing laat hardloop.
Dit het ‘n groot spanpoging geverg en die helpers het behoorlik gesweet. Daar was darem gesorg vir ‘n welkome lafenes vir die keel en ‘n worsbroodjie om ons kragte te herwin.
Baie dankie aan Pieter ons baanmeesteer en Johannes, terreinwerker, asook al die lede wat fluks gehelp het. Julle is ware staatmakers.
Die volgende fase van voorbereiding wat in die nabye toekoms gedoen sal word staan bekend as “verticut” ook bekend as vertikale maai, is ‘n proses wat gras opbou van die baan verwyder. Grasdak is ‘n laag dooie gras, puin en wortels wat mettertyd opbou tussen die gras en as dit nie verwyder word nie, kan dit heelwat skade veroorsaak.
Outeur: Michael Coomans