Ontvangs Van Poleerder Vir Baan

10 Julie 2020

Op hierdie winderige dag van 10 Julie 2020 om 10:00 het Hennie Marnitz van SA Airbrake and Truck die “Pocket Rocket” (die poleerder) kom aflaai by die baan, geverf in ons klubkleure.

Die opgewondenheid onder die 15 lede wat die geleentheid bygewoon het, was groot. Almal het geloer om te sien hoe die besigheid werk. Pieter Theron, ons baanmeester, was baie in sy noppies toe die stelsel wat gif en vloeibare bemesting spuit, gedemonstreer is.

Johannes was eerste om ‘n proefrit te doen. Daarna het ek en Martin ook ‘n beurt gekry. Dit is weliswaar ‘n lekker speelding vir die mans, maar ons weet dat dit ‘n ekstra dimensie aan ons alreeds puik rolbalbaan gaan gee.

Ons sien almal daarna uit dat die virus nou sy loop neem sodat ons kan begin oefen op ons “gepoleerde baan.”

Outeur: Norma Seyfferdt

Scroll to Top