13 Februarie 2020
Op Donderdag 13 Februarie 2020, is ‘n plesierige rolbalmiddag by ons klub gehou. Almal was geklee in rooi en wit volgens die gees van Valentysdag.
Spelers wat ‘n “toucher” of “wrong bias” gespeel het, moes ‘n sopie “Slammers Apple Sour” wegslaan! Die laaste twee koppe is in totale duisternis, met slegs kerslig by die kat, gespeel.
Die dag is afgesluit met heerlike verversings wat deur al die spelers voorsien is.
Outers: Hilarie Rall en Ansie Wilken



