STAAK VAN SPEL AS GEVOLG VAN COVID 19 – 24 MAART 2020

Geagte rolbalvriende. Ons is almal bewus watter impak die Covid – 19 virus op ons lewens het. Vanoggend het ons kennis ontvang van die Hillandale Bestuursliggaam dat die klubhuis en al die fasiliteite met onmiddellike effek gesluit is. Die Uitvoerende Bestuur is daarop genoop om alle sosiale spel sowel as klubkompetisies onmiddellik te staak.

​Later in die dag het die President van Suid Afrika ‘n algehele “lockdown” aangekondig vanaf Vrydag 27 Maart 2020. As gevolg hiervan is die baan dus ook gesluit vir enige oefeninge of onderlinge oefenwedstryde tussen lede.

Ons bid almal voorspoed toe en vra dat u asseblief na u eie en andere se welstand sal omsien.

Scroll to Top