Verjaarsdagpartytjie Vir Mia Barnard

Mia Barnard het besluit sy wil rolbal op haar dertiende verjaarsdagpartytjie speel. Haar ma, Girla, het gevolglik die baan en fasiliteite by ons gehuur.

​’n Dogter en ma het teen ‘n ander dogter en ma gespeel. Dit was nogal groot pret en almal het dit vreeslik geniet, veral wanneer een van die spelers ‘n “toucher” gehad het. Ons het ‘n blik blompot langs die baan gesit. Wanneer hulle ‘n “toucher” gehad het moes hulle die blompot met ‘n voorwerp slaan en ‘n “sweetie” vat.

​Ansie Wilken het sertifikate gedruk vir die spanne wat eerste tot derde geëindig het.

​Kleintjie Knoetze, bygestaan deur Rita Krog, Ansie Wilken, Elma Pretorius, Anne – Marie van der Berg en Stokkies Stockenström was behulpsaam met die reëlings  vir die geleentheid, wat terselfdertyd ook bydra tot rolbalontwikkeling.

​Outeur: Kleintjie Knoetze

Scroll to Top