Die wenners van Suid Vrystaat se veterane kompetisies het teen die veterane wenners van Noord Vrystaat se Goudveld streek te staan gekom.
In die vierspel vir mans het die span van Hillandale met die louere weggestap. Van links na regs op foto: Michael Coomans (skipper), Leon Crawley, Francois van Vuuren en Francois Jacobs.

In die vierspel vir dames het die span van Hillandale met die lourere weggestap. Van links na regs op foto: Retha van Rensburg, Petro Botha (skipper), Elma Pretorius en Miriam van Zyl



