Die jaarlikse en baie populêre Vrouedag op 9 Augustus was weereens ‘n genotvolle dag vir die spelers. Die weer het ook saamgespeel en het die spelers in wonderlike sonskyn gespeel.
Die tema was “Dames in Rooi” en die dames het hulle uitgedos in pragtige uitrustings, Rita Krog se span het die prys gekry vir die bes geklede span met hulle skuins gedrapeerde rooi, breërand hoede en serpies vasgesteek met ‘n borsspeld en lang oorkrabbers.
14 Spanne het teen mekaar meegeding. Corrie Lombard se span van Munsies het eerste geëindig. Rita Krog se span van Hillandale was tweede en Brenda Snyman se span, ook van Hillandale, was derde.
Die lekkerste hoenderrol met n eiergereg, gestolde beetslaai, lichi-druiwe-avo-slaai met croissante en muffins is vir die gaste voorgesit. AnneMarie van den Berg en Ansie Bennie was die dames wat hier die voortou geneem het en hierdie heerlike, keurig voorbereide disse aan die spanne voorgesit het. Hulle is voorwaar twee raakvatters!
Die dag sou egter nie so ‘n sukses wees sonder die harde werk en insette van vele ander dames nie, onder andere Maureen Annandale en Sue Scholes.
Elsa du Plessis, Beatrice Hugo, Petro Botha en Marietjie Dippenaar.Joeke van Schalkwyk, Lynette Nel, Heleen van der Merwe en Lanie WatsonNellie Riddle, Anne Hilder, Marlete Paulsen en Esme Human.Elize Coertzen, Hannetjie Wiesner, Pita Loots en Elma Pretorius.Charlotte Maree, Hannah J van Vuuren, Neo Seitheisho en Elsa J van Vuuren.Mari du Plessis, Edna Hefer, Surene Lombaard en Lanie van den HeeverKonet van Heerden, Elsa Rautenbach, Anche de Bruin en Ilze Nicolova.Corne Fry, Karin van Zyl, Esta van Heerden en Erika Russon.Fronika Bornman, Yvonne Coetzee, Carinnie le Roux en Leonie Kuhn.Annette Viljoen, Helmien Luttig, Maretha Viljoen en Melanie Viljoen.Maretha Fourie, Mari Stander, Louise de Wet en Carol Grobbelaar.Daar was ook ‘n paar toeskouers.Van links na regs: Sakkie en Christeen Visagie en Louis van Rensburg.Surene Lombaard, Mari du Plessis, Edna Hefer en Lanie van den Heever geniet die wintersonnetjie.Die spelers in aksie.Van links na regs: Drien van Niekerk, Brenda Snyman (skipper), Wilma Truter en Hilarie Rall het derde geëindig.Van links na regs: Elsie Scott, Rita Krog (skipper), Zaza Pieterse en Martie Olivier het tweede geëindig.Die wenners van die dag. Van links na regs: Sonja Grobler, Linette Cloete, Rona du Toit en Corrie Lombard (skipper).Pragtige ruiker was deel van die versierings.Selfs die nagereg het ingepas by die kleurskemaDie tafels is pragtig versier in die kleure van die tema.