9 Augustus 2021
Die jaarlikse Vrouedag in Augustus was gehou met die tema “Pienk en Pêrels.”
Die ses lyndans dames het verras met n paar oulike passies, twee Hillandale dames het die kitare nader getrek en lekker gesing terwyl die spelers afgekom het vir tee en verversings. Die middagete was n heerlike “quiche” en twee slaaie, iets ligs wat net n vrou kan waardeer.
14 Spanne het meegeding en Carol Grobbelaar se span van Munsies het ‘n goeie wen gehad.
Outeur: Maureen Annandale




















