AFSTERWE VAN EWIE CRONJE – 11 MEI 2020

Dit is met iniige leedwese dat ons verneem het dat Ewie Cronje (23 Julie 1939 – 11 Mei 2020) oorlede is. Ons ken Ewie as ‘n baie geliefde lid van ons klub en hy het ook baie hegte vriende onder ons gehad. Ewie was een van ons klub se stigterslede en was ook ‘n erelid. Ewie was onder andere ook die outeur van ons klub se geskiedenis, wat onder die skakel “Meer oor die klub” op hierdie webblad verskyn. Ons gebede aan uit na San-Marie en die res van die familie in hierdie tyd van beproewing.

Scroll to Top