Die jaarlikse driehoekige toernooi waar die wenners van Suid- en Noord-Vrystaat en Noord-Kaap teen mekaar meeding om die kampioen van kampioene te bepaal het die naweek by Oud Studente se bane plaasgevind.
Die pa en seun kombinasie van Herman en Brendan Bakkes het die ope pare gewen en Michael Coomans het die veterane enkelspel gewen.
Foto’s is beskikbaar onder die skakel “Uitslae” en die sub-skakel “Suid Vrystaat Prestasies 2022.”